
=====================================================================
Moet Afrikaans en Nederlands se paaie skei? (AV 5:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Moet Afrikaans en Nederlands se paaie skei?

Gawie Keyser   gesels met Nederlandse akademici wat die Internasionale Kongres vir Neerlandistiek in Kaapstad bygewoon het.

Die tema van die kongres was "die einde van die millennium". Dus, wat gaan met Afrikaans gebeur? Wat is die toekoms van die Neerlandistiek 
in 'n land waar selfs die inheemse tale sukkel om kop bo water te hou terwyl Engels soos 'n opslagbrand veld wen?

Die Nijmeegse letterkundige Hans Ester   -- wat Afrikaans oor die jare heen sy eie gemaak het -- benadruk dat die vitaliteit van 'n taal 
nie van 'n regering afhang nie, maar van die mense wat dit praat.

"In Suid-Afrika is die gevaar wel dat Afrikaans sy ou funksies verloor, byvoorbeeld in politieke en regskringe. Hierdeur word ook 
Nederlands bedreig," s Ester.

Sy opmerking weerspiel die standpunt dat 'n lotsgebondenheid tussen Afrikaans en Nederlands in Suid-Afrika bestaan. Dit kan beteken dat 
die welsyn van albei tale sterk afhang van die tradisionele universitre koppeling tussen Afrikaans en Nederlands.

Kan Afrikaans en Nederlands ooit geskei word, gesien die lang gesamentlike geskiedenis van die twee tale? Dit is 'n moeilike en nogal 
sensitiewe vraag.

In sy begrotingsverslag van 1998 skryf die Taalunie: "Die Neerlandistiek in Suid-Afrika kan nie onafhanklik van die Afrikanistiek bestaan 
nie. Omgekeer vorm vanuit wetenskaplike oogpunt die Neerlandistiek 'n onmisbare onderdeel vir die Afrikanistiek."

Maar die Taalunie s daarnaas dat "as gevolg van die veranderings in Suid-Afrika" daar steeds meer belangstelling vir 'n "andersoortige 
Neerlandstiek-aanbod" is. "Daar is 'n duidelike verskuiwing waar te neem na die aanbied van Nederlands as vreemde taal," lui die verslag.

Dit lyk dus of die Taalunie albei "soorte" onderwys in die Neerlandistiek wil ondersteun. Maar wat hou "Nederlands as vreemde taal" eintlik 
in?

Alice van Kalsbeek   is verbonde aan die Steunpunt Nederlands as Vreemde Taal. Met die Steunpunt -- 'n projek van die Nederlandse Taalunie -
- word daarna gestreef om die inligtinguitwisseling tussen Neerlandici oral ter wreld te prikkel en ondersteun.

In haar kantoor aan die Universiteit van Amsterdam vertel Van Kalsbeek dat sy op die kongres 'n toenemende belangstelling vir die studie 
van Nederlands as vreemde taal gemerk het.

Van Kalsbeek sien drie moontlikhede om Nederlands as vreemde taal in Suid-Afrika te doseer: vir kommunikatiewe doeleindes (mense wat 
byvoorbeeld vir hul werk na Europa gaan), as bronnetaal (vir geskiedkundiges) en as vak (vir taal- en letterkundiges).

"Die groep Suid-Afrikaanse studente wat geen of weinig verbintenis met Afrikaans het en wat desondanks Nederlands wil leer, word groter. 
Hierdeur ontstaan die vraag opnuut of die koppeling tussen Nederlands en Afrikaans sin het.

"Die manier waarop Nederlands bestudeer word, hang af van die soort onderwys. Maar selfs indien die soort onderwys 'n studie van die 
Nederlandse letterkunde is, vra ek myself af of studente doeltreffend besig is as hulle die taal nie volledig beheers nie.

"Nederlanders het aan my ges dat ek in Suid-Afrika geen moeite sal h om Afrikaans te verstaan nie. Maar tydens my besoek was ek verbaas 
om te merk dat dt nie altyd die geval was nie. Ek het in baie lesings dit moeilik gevind om te volg, veral as geen gebruik van hulpmiddels 
gemaak is nie.

"Ek het ook Etienne van Heerden   se Kikoejoe gekoop. Dit was vir my asof ek Engels lees -- so baie woorde verstaan ek doodgewoon nie. 
Hierdeur mis ek die nuanses in die verhaal," vertel Van Kalsbeek.

Die Steunpunt gaan die moontlikhede tot samewerking met Suid-Afrikaanse universiteite ondersoek. Van Kalsbeek het reeds intensiewe kontak 
met verskeie dosente in Suid-Afrika om moontlike projekte te bekyk.

Die Steunpunt sal hoofsaaklik 'n ondersteunende rol vervul, s sy. S kan die Steunpunt informasie verskaf oor die jongste kursusmateriaal 
op die gebied van Nederlands as vreemde taal en die uitwisseling van lesmateriaal tussen dosente in verskillende lande.

Volgens Hans Ester   het 'n ander vraagstuk jammer genoeg nie op die kongres ter sprake gekom nie, naamlik die vraag of die belang van 
Nederlands nie aan di van ander Europese tale gekoppel is nie. Hy wys daarop dat die onderwys van Duits en Frans in Suid-Afrika "tot byna 
niks" afgeskaal is. En di terreinverlies van Europese tale het 'n negatiewe invloed op die posisie van Nederlands in Suid-Afrika.

Eep Francken,   dosent in Nederlandse letterkunde aan die Rijksuniversiteit Leiden, s dat hy "ideaal gesproke" tn 'n ontkoppeling van 
Afrikaans en Nederlands aan Suid-Afrikaanse universiteite sou wees, maar hy as Nederlander kan moeilik 'n oordeel hieroor vel. So kan hy 
hom voorstel dat 'n losser koppeling vir universiteite gunstiger sou kon wees as dit vir byvoorbeeld 'n groter aantal studente sou sorg.

Op die kongres was Francken origens onder die indruk van 'n pittige debat wat na aanleiding van sy lesing oor die nuwe Nederlandse 
literatuurgeskiedenis ontstaan het. Die gedugte literre skerpskutter prof. John Kannemeyer het kwaai daarteen beswaar gemaak dat Afrikaans 
geen aparte deel van die nuwe Nederlandse geskiedskrywing gaan vorm nie.

"Sommige van di wat beswaar gemaak het, het egter nie eens besef dat Afrikaans nog nooit 'n afsonderlike deel in die Nederlandse 
geskiedskrywing gehad het nie," s Francken.

As Afrikaans wel deel daarvan sou uitmaak, s hy, sou die Taalunie, wat die projek borg, mr geld beskikbaar moet stel. Dit sou immers 
beteken dat 'n span outeurs betaal moet word om 'n bykomende deel te skryf.

Daarby is dit 'n feit dat 'n "enorme kloof" tussen die Afrikaanse en die Nederlandse letterkunde bestaan. In Nederland word akademies 
gesien nog steeds relatief min aan Afrikaanse letterkunde gedoen.

"Dit wil egter nie s dat daar heeltemal geen raakpunte is nie. In die nuwe literatuurgeskiedenis sal di raakpunte, byvoorbeeld die geval 
Elisabeth Eybers, natuurlik aandag kry," verduidelik Francken.

Vir Hans Werkman,   oudonderwyser, outeur en tans redakteur van die Nederlandse literre blad "Liter", was die Kaapse kongres 'n 
uitstekende geleentheid om sy bande met die Suid-Afrikaanse literre wreld te verstewig. Hy het 'n lesing oor die postmodernisme in die 
kader van godsdiens in die hedendaagse Nederlandse letterkunde gehou.

Werkman s dat hy veral tydens 'n bespreking van die romanskrywer Marcel Mring gemerk het dat di onderwerp vir sommige Suid-Afrikaanse 
deelnemers vreemd was. Dit was vir hom 'n bewys dat die tydperk van verwydering tussen Nederland en Suid-Afrika sy stempel afgedruk het.

Daarom is dit so belangrik dat Suid-Afrikaanse universiteite voortgaan om Nederlands te doseer. En hiervoor is baie steun uit die Lae Lande 
nodig, meen hy.

"Die Taalunie moet 'n bydrae lewer. Vir di organisasie is daar deeglik 'n rol weggel wanneer daar byvoorbeeld 'n debakel dreig soos 
destyds met die Universiteit van Natal, toe gedreig is om die vakgroep Afrikaans en Nederlands daar te sluit.

"As daar so baie mense is wat Afrikaans praat, dan is dit tog van groot belang dat hulle ook met die wortels van hul taal kennis maak. Dit 
sal tog te gek vir woorde wees wanneer Nederlands in Grenoble, Londen, Tsjeggi en Slowakye gedoseer word, en nie meer in Suid-Afrika nie. 
Gawie Keyser   is korrespondent van Die Burger en Afrikaans Vandag in Amsterdam.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av5418.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Oktober 1998 /// 'n Taalstroom waaruit almal kan drink (AV 5:4) /// 
'Maak Afrikaans 'n inklusiewe Afrika taal' (AV 5:4) /// 'Met 'n los lit kom jy nie ver nie' (AV 5:4) /// ns Afrikaans vir vandag (AV 5:4) 
/// Oor taalruimte en vennootskappe (AV 5:4) /// ONS LESERS SKRYF (AV 5:4) /// Boeklose Renaissance kan nie slaag nie (AV 5:4) /// Jy kan 
s SKS staan vir So Karoo Soos ... (AV 5:4) /// Afrikaans se veilige hawe elders (AV 5:4) /// Lag of huil oor di musiek? (AV 5:4) /// Di 
volksmusikus kom van ver af (AV 5:4) /// Goeie musiek kook al hoe kwaaier (AV 5:4) /// Die bedreiging kom van binne (AV 5:4) /// 
Intellektuele inhoud ontbreek (AV 5:4) /// Afrikaans het biegkamer nodig (AV 5:4) /// Herinneringe aan 'n Wes-Kaapse winter (AV 5:4) /// 
Nederlandistiek kongresse aan die Kaap (AV 5:4) /// Moet Afrikaans en Nederlands se paaie skei? (AV 5:4) /// Jongste ng raap Pendoring se 
'prestige' op (AV 5:4) /// Afrikaanse reklame val van 'n Engelse perd (AV 5:4) /// Die land van braaivleis, sonskyn en Chevrolet (AV 5:4) 
///

